Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Ben en die boelies

Langbeschreibung
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders. Hierdie is die derde boek in die baie gewilde Ben-reeks. Die eerste boek in die reeks, Ben gaan skool toe, is binne ses maande na sy verskyning herdruk en meer as 1700 kopieë is binne die eerste nege maande verkoop. Die boek is ook met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon. Die tweede boek in die reeks Ben en die groot toets is net so gewild.
Zuléka Smit is 'n lief-vir-die-lewe kindertuin-onderwyseres en motiveringspreker met 'n passie vir jongmense en skryf. Gebore in Kroonstad, maar geswore Bolander wat haar matriek aan die Hoërskool Albertinia voltooi het, het Zuléka ná skool haar B.Ed onderwysgraad cum laude aan die Kaapse Technikon Wellington Kampus behaal. Sy begin haar loopbaan by Klein Boishaai in die Paarl waar sy reeds die afgelope 15 haar lewe daaraan wy om klein mensies voor te berei vir die lewe en 'n stewig fondasie te lê in hul lewens. Sy is tans voltyds koshuismoeder by 'n hoërskool waar sy haar passie vir die opvoeding en leiding van jongmense verder uitleef. Zuléka is by uitstek 'n familiemens en is getroud met Johan. Hulle het 2 pragtige kinders, Karli en Heini.
ISBN-13:
9781779880239
Veröffentl:
2024
Seiten:
32
Autor:
Zuléka Smit
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
EPUB
Kopierschutz:
2 - DRM Adobe
Sprache:
Afrikaans

6,49 €*

Lieferzeit: Sofort lieferbar
Alle Preise inkl. MwSt.