Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Geheime op Philadelphia

Langbeschreibung
Reghardt du Toit is 'n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. 'n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na 'n nuwe begin in die klein Wes-Kaapse dorpie van Philadelphia.Hier maak Reghardt 'n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. 'n Dokter met 'n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en 'n geheimsinnige au pair na Philadelphia.Die plaaslike dominee se dogter is 'n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir 'n seun wat sy eie sangtalent wil slyp.'n Skokkende tragedie bring 'n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?
Riaan Grobler is 'n bekende omproeper by PretoriaFM, sanger, akteur en TV-aanbieder. Hy is gebore en getoë in Pietersburg, en die wenner van verskeie medaljes gedurende 'n internasionale sangkompetisie in sy matriekjaar. Die eerste van sy sewe albums het in 2006 die lig gesien ná sy deelname aan Supersterre. In 2006 tree hy op as akteur in die musikale verhoogproduksie, The Wedding. Riaan vervaardig ook televisie-programme en het Die Groot Ontbyt en Hollywood, hier kom ek TV-programme aangebied. Riaan woon deesdae in Pretoria. Geheime op Philadelphia is Riaan se debuut roman.
ISBN-13:
9781779880093
Veröffentl:
2024
Seiten:
224
Autor:
Riaan Grobler
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
EPUB
Kopierschutz:
2 - DRM Adobe
Sprache:
Afrikaans

11,99 €*

Lieferzeit: Sofort lieferbar
Alle Preise inkl. MwSt.