Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Die afwesigheid van berge

Langbeschreibung
Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van Die afwesigheid van berge vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander: die Bedevaartslied ("Op dié reis blyk die reisiger / onverwags ongereed te wees . . . "), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker ('n alleman) se reis onderweg na die dood - die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hiérdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, clichés en jargon is van nie net 'n nuwe Suid-Afrika nie, maar van 'n nuwe tegnologiese era. 'n Persoonlike bundel, maar ook 'n aktuele een.
Louis Esterhuizen het in die Vrystaat grootgeword, en aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Daarna het hy skool gehou in Bloemfontein, Bethlehem, Pretoria en Rondebosch. Hy is tans die bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Hy het in 1986 debuteer met die digbundel, Stilstuipe (wat op die kortlys vir die Rapport-prys was); daar het sedertdien nog nege digbundels uit sy pen verskyn. Sy bundel Wat die water onthou is met die Protea Poësie-prys bekroon.
ISBN-13:
9780798164955
Veröffentl:
2014
Seiten:
112
Autor:
Louis Esterhuizen
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
EPUB
Kopierschutz:
2 - DRM Adobe
Sprache:
Afrikaans

11,99 €*

Lieferzeit: Sofort lieferbar
Alle Preise inkl. MwSt.