Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Duiwelskloof

Langbeschreibung
In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het 'n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, 'n eeu en 'n half later, bring 'n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot 'n uitbarsting. Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner - 'n vuil-uil met 'n mislukte huwelik, 'n mislukte loopbaan en 'n mislukte lewe agter hom - wat van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf en verseil raak tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar rondom versin.Onbeteuelde humor, 'n onheilspellende opbou van bose magte, 'n wemeling van stories, 'n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, 'n hellevaart, 'n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, 'n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding . . . dit alles is Duiwelskloof.
ISBN-13:
9780798158640
Veröffentl:
2005
Seiten:
362
Autor:
André P Brink
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
EPUB
Kopierschutz:
2 - DRM Adobe
Sprache:
Afrikaans

15,99 €*

Lieferzeit: Sofort lieferbar
Alle Preise inkl. MwSt.